TUISBLAD

DEPARTMENTE

PERSONEEL

FASILITEITE

ONTWIKKELINGS PROGRAM

ORKESTE

BORGE

SKAKELS

KONTAK ONS
ENGLISH / AFRIKAANS
------------------------------------------------------------
GEBEURE
------------------------------------------------------------
GEDRAGSKODE
------------------------------------------------------------
JAAR PROGRAM
------------------------------------------------------------
HUGO LAMBRECHTS TRUST
------------------------------------------------------------
VORMS / REGISTRASIE
------------------------------------------------------------
LIBRETTO
------------------------------------------------------------
ARGIEWE
    
By die Musieksentrum Hugo Lambrechts word geleenthede geskep waar leerlinge die kans kry om in 'n musiekatmosfeer tuis te wees en op hoë vlak te presteer.

Algemeen
Die Musieksentrum Hugo Lambrechts is alombekend as 'n Musieksentrum van uitnemendheid. Praktiese musiek onderrig van 'n hoë standaard word hier gehandhaaf en jong Suid-Afrikaners kry die geleentheid om hulself voor te berei vir internasionale deelname.

Die leerlinge kry die kans om met al die vertakkinge van musiekuitvoering kennis te maak, bv. solo uitvoerings, kamermusiek en orkesspel.

Alle Sentrumleerlinge is betrokke by verskeie strykorkeste, blaasorkeste sowel as 'n simfonie orkes. Die jong musikante en orkeste kry gereeld die geleentheid om op te tree.

Instrumentehuur is op aanvraag beskikbaar vir beginners.

Agtergrond
Die Musieksentrum het in 1986 tot stand gekom om in alle simfoniese instrumente onderrig te verskaf aan ingeskrewe leerlinge van skole in die Wes-Kaap. Dit is geleë in die oudste skoolgebou in die noordelike stadsgebied in die hartjie van die Tygerberg - maklik bereikbaar vir alle leerlinge, omdat dit so sentraal is.

Die Victoriaanse karakter van die gebou en die binnehowe in die gebou verleen ekstra grasie aan die musieksmaak en atmosfeer wat hier heers. By die unieke Musieksentrum ontvang jong musici professionele opleiding om sodoende instrumentaliste en soliste vir Suid-Afrika te lewer.

Hugo Lambrechts Musiek Sentrum Trust
Meer Inligting | Skenkings
tuisblad | departemente | personeel | fasiliteite | ontwikkelings program | orkeste | borge | skakels | kontak
gebeure | gedragskode | jaar program | hugo lambrechts trust | vorms & registrasie | libretto | argiewe
Copyright hugolambrechts.co.za | Developed by brandOxygen